Editor's choice

Besighede hou asem op

Ek het tans geen inkomste nie, beide besigheid is gesluit.

Die aankondiging van President Cyril Ramaphosa dat die land verskuif na vlak vier inperkings op 27 Junie het ’n verdoemende uitwerking op besighede wat reeds sukkel om kop bo water te hou. Die impak op veral restaurant- en drankwinkeleienaars is landswyd en plaaslik besig om sy tol te eis.

Intussen hou die land asem op om te sien watter aankondig gemaak gaan word nadat die twee weke van inperking op 11 Julie verstryk.

’n Restauranteienaar van ’n bekende eetplek in die dorp, wat verkies het om anoniem te bly, het aan die Herald gesê dat dit absolute malligheid is.

“Ons het nooit werklik herstel van die eerste algehele inperking en dié wat daarna gevolg het verlede jaar nie.

“Indien die huidige inperking verleng gaan word gaan ek drastiese stappe moet oorweeg om te red waar daar te redde is,” het die eienaar gesê.

“Die waarheid is dat dit nie net die eienaars raak nie. Die mense wat vir ons werk kry ook swaar.”

Saartjie Lötter, die eienaar van Hippos Pub and Grill en nou ook van Cosy Corner in Brenthurst (na sy haar lewensmaat verloor het weens Covid), het beide haar besighede se deure gesluit tot na die vlak vier inperking gewysig word.

“Ek het tans geen inkomste nie, beide besigheid is gesluit. Die uitgawes om die deure oop te hou is meer as jou inkomste,” het Lotter verduidelik.

“Op hierdie stadium is die mense bang om hul huise te verlaat. Ek is gelukkig dat ek my werknemers steeds kan betaal en hopelik kan ons almal weer spoedig terugkeer na die werkplek toe. Ons vat dit maar dag tot dag en glo en vertrou dat ons weer na normaal gaan terugkeer.”

LEES OOK: Consumers, businesses urged to beware of latest remote access scams

Rohan du Buson, eienaar en sjef van Fig on the Rock in Dalview, het gesê dat sy besigheid wel ’n effense terugslag beleef het met die nuwe inperking, maar hy verduidelik dat mens net uit die boks uit moet dink.

“Ek is gelukkig dat ek nie ’n franchise het nie. Dit laat my toe om uit die boks uit te dink en met alternatiewe oplossings vorendag kom. Ek het elke dag ander spesiale aanbiedinge en ek lewer af. Ek het twee WhatsApp-groepe waarop ek elke dag adverteer.

“Ons is werklikwaar geseënd met ’n gemeenskap wat ons ondersteun. Dis ’n moeilike tyd vir ons almal. Ons is almal saam in hierdie ding, as jy sukkel, vra vir hulp.

“Ek is ’n mense-mens en dis vir my vreeslik moeilik om uit my kombuis uit te stap in ’n leë restaurant in. Ek mis die mense, die gelag en die gesels. Ek hoop ons kan vining weer terugkeer na normal toe,” het Du Buson gesê.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button