Editor's noteEntertainmentLifestyle

Kuier saam met die Grotman in die gemak van jou huis

“’n Mens kan amper sê ons doen huweliksberading op ‘n komiese wys.”

Groet die Grotman 2 is Lefra se Kelderkonsert wat eerskomende Sondag  om 5nm in die gemak van jou eie huis geniet kan word.

In Groet die Grotman 2 word die verskille tussen mans en vrouens op komiese wyse uitgebeeld.

Vrouens is steeds die gaarders (veral van nuttelose inligting) en mans steeds die jagters (van ‘n bok tot ‘n televisieprogram).

“Mans en vrouens lag vir mekaar in Groet die Grotman 2 en dit is juis wat hierdie produksie so gewild en sterk maak,” verduidelik die skrywer en regisseur Frans Swart.

“’n Mens kan amper sê ons doen huweliksberading op ‘n komiese wyse.

“ Die feit dat Grotman sy wêreldjie moet groter maak om by Elize se wêreld aan te pas en die feit dat Elize haar oop wêreld so bietjie nouer moet maak om by Grotman se wêreld uit te kom, sorg vir baie komiese situasies,” het Swart gesê.

Die oorspronklike Groet die Grotman hou steeds die rekord vir die Afrikaanse teaterproduksie wat die meeste vertonings oor die langste tydperk gehad het naamlik meer as 1 000 vertonings oor 10 jaar.

Lees: Pieter Smith en Christo Snyman bring hulde aan Groep 2 in Lefra Kelderkonsert

Frans Swart, wat al as die klugkoning van Suid-Afrika bestempel is, het die nuwe teks geskryf wat splinternuwe aksies tot gevolg het.

“Natuurlik moet ons by die teks hou, maar met Wynand van Vollenstee as die Grotman weet mens nooit nie.

“ Hy is ‘n briljante akteur en lees die gehoor en pas ook sekere tonele aan om by die gehoor aan te pas.  So mens weet nooit wat om te wagte te wees nie,” lag Frans.

Frans Swart, besturende direkteur van Lefra Produksies, sê hy is baie opgewonde oor Groet die Grotman 2 as een van die Lefra Kelderkonserte.

“Ons teatermakers moes vinnig buite die kassie begin dink en ons was baie verbaas oor die goeie reaksie wat ons op ons Kelderkonserte ontvang,” het Swart gesê.

“Dit word elke Sondag om 5nm regstreeks aanlyn en digitaal vir die hele familie aangebied en dis vir my so lekker dat gesinne saamkom en iets groots maak van die konsert.” Kaartjie besprekings kan by  www.itickets.co.za gedoen word.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button