Môrewagter beïndruk die beoordelaars

Dit was die jonge juffie se eerste keer wat sy aan die kunswedstryd deelgeneem het.

Chanté Stander (10), ‘n Graad Vier leerder aan die Laerskool Môrewag, het onlangs met groot welslae aan die Con Spirito Kunswedstryd deelgeneem.

Sy het vir agt items ingeskryf en was veral trots op die 100 persent wat sy vir voorbereide lees ontvang het.

Die beoordelaars het ook 97 persent aan haar toegeken vir Afrikaanse voordrag.

Chanté het vir die Afrikaanse voorbereide asook- voorgeskrewe voordrag elk ‘n A++ ontvang.

Vir Bybel lees, voorbereide Afrikaanse voordrag en die voorgeskrewe Afrikaanse voordrag het sy ‘n A+-simbool vir elk van die items behaal.

Lees: Om te redeneer is kinderspeletjies vir dié drie

Die talentvolle leerder is gekies om deur te dring na die Forte-rondte vir die Engelse voordrag-afdeling asook vir die voorgeskrewe Afrikaans voordrag-afdeling.

Dié geleentheid sal gedurende November en Desember plaasvind.

Dit was ook die jonge juffie se eerste keer wat sy aan die kunswedstryd deelgeneem het.

Chanté het ook onlangs aan die Vinatix Eisteddfod Virtuele Kunswedstryd deelgeneem waar sy ook uitmuntende welslae ontvang het en ‘n goud verwerf het in al haar items.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Exit mobile version