Happenings

Entertainment in Brakpan.

5 September

Die SANBS hou ‘n bloedskenkingsgeleentheid by die VC SUPERSPAR in Brakpan. Die dag is ook ter bewusmaking van Simoné Wasserman (12) se stryd om medikasie, wat uit bloed vervaardig word, te kan ontvang. (Kind kan nie terug skool toe weens tekort aan medikasie).  Die publiek word uitgenooi om bloed vanaf 9vm tot 3nm te skenk.

Solidariteit Helpende Hand hou ‘n boeremark by Ons Winkel (op die parkeerarea van Benn’s Apteek) in Voortrekkerweg. Daar is ook nog ‘n paar stalletjies beskikbaar wat aan die publiek uitgehuur kan word. Skakel Belinda Coetzer (076 167 4328). Gehoor sal gegee word aan Covid-19 inperking reëls.

6 September

Die Just Wheels Motorklub se bewegende skou (Cars@urhome) vertrek vanaf die klubhuis en sal deur Minnebron, Sunair Park, Sonneveld en ‘n gedeelte van Rand Collieries beweeg. Die publiek word aangemoedig om donasies van kontant, kos en klere te skenk.

26 September

‘n Nasionale deurry Kolwyntjiedag sal by Just Wheels Motorklub, wat te Kitzingerlaan 69 geleë is, plaasvind. Die kolwyntjies sal deur vrywilligers gebak en geskenk word aan die welsynorganisasie, Cupcakes of Hope 4 Kids, om aan die publiek te verkoop. Kolwyntjies kan ook vooraf bestel word by Elize Pienaar (082 328 9497 of elize.pienaar35@gmail.com)

17 Oktober

‘n Always Believe-wedren word ten bate van breinbeseerde Karlien Roets vanaf 7vm tot 5nm aangebied. Belangstellendes kan vanaf Springs na Brakpan hardloop of virtueel in hul eie area oor afstande van 50km, 21km 10km of 5km. Donasies ten bate van Karlien se maandelikse uitgawes sal ook welkom wees. Inskrywings beloop R50 per persoon. Besoek www.karlienroets.co.za, skakel 074 963 8955 of stuur ‘n e-pos na info@karlienroets.co.za

Have a story?

Contact the newsroom by emailing: Thelma Koorts  (editor) brakpanherald@caxton.co.za

or Stacy Slatter (news editor) stacys@caxton.co.za

 or Miné Fourie (journalist) minev@caxton.co.za

Remember to visit the Brakpan Herald on the following social media platforms:

Follow us:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
Exit mobile version