CompetitionsEditor's choiceLifestyle

R50 000 se pryse: Tyd raak min om vir baba- en kleuterkompetisie in te skryf

Daar is net 'n paar dae oor m jou kind in te skryf vir die Herald se baba- en kleuterkompetisie.

Met pryse ter waarde van R50 000 is daar geen rede om nie vir die kompetisie in te skryf nie.

Dié fantastiese pryspakket word deur die Mall@Carnival geborg en besighede wat die kompetisie steun sluit in Baby Boom, Woolworths, Clicks, Edgars, Dis-Chem Pharmacies, Pep, Toy Zone, Jet en Baby City.

Die kompetisie het reeds afgeskop en inskrywings sal tot 2 Mei aanvaar word.

’n Inskrywingsvorm vir die kompetisie verskyn in die Herald van vandag op bladsy 13.

Maak seker dat jy dit uitknip, die maklike stappe volg en jou inskrywing betyds by ons uitkry.

‘n Nie-terugbetaalbare inskrywingsfooi van R50 moet jou inskrywing vergesel.

Die inskrywingsvorm kan ook hier afgelaai word.

Kinders kan in vier ouderdomsgroepe ingeskryf word:

• 0-12 maande

• 1-2 jaar

• 2-3 jaar

• 3-4 jaar

Een wenner sal in elke kategorie gekies word, met elke wenner wat pryse en of geskenkbewyse ter waarde van R10 000 sal ontvang.

Slegs inwoners van die dorp kan vir die kompetisie inskryf.

Die publiek sal ook op 10 en 11 Mei die geleentheid kry om vir hul gunsteling by Mall@Carnival te stem.

Persone wat vir hul gunsteling stem hoef nie noodwendig inwoners van die dorp te wees nie.

Die wenners van die kompetisie sal op 18 Mei by die Mall@Carnival aangekondig word.

Sien die inskrywingsvorm vir volledige bepalings en voorwaardes.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter 

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button