Editor's choice

In die kollig: Leer die dorp se mense ken

Ons missie is om almal daar buite goed genoeg te laat voel, en dis wat ek graag wil bereik.

Danike van den Berg (15) het onlangs die organisasie, Jy Is Genoeg, op die been gebring. Sy woon saam met haar ouers, Danie en Nicky van den Berg, en twee sussies, Deanne (12) en Kaylee (6), in Kenleaf.

• Jy het onlangs ’n organisasie, Jy Is Genoeg, gestig. Wat behels dit?

Dit is ’n liefdadigheidsorganisasie met die doel om ander jong meisies, wat in moeilike omstandighede groot geword het of steeds in so ’n situasie is, fisies, geestelik en emosioneel by te staan.

• Wat het jou laat besluit om dit op die been te bring?

Ek is van kleins af lief daarvoor om uit te reik na ander. Ek het vir jare lank gebid om meer mense te kan help. Die Here het toe Nadia Scrooby oor my pad gebring. Van daar af het die bal begin rol.

• Wat wil jy graag hiermee bereik?

Ons missie is om almal daar buite goed genoeg te laat voel, en dis wat ek graag wil bereik.

• Hoe gaan jy uitreik na ander meisies?

Ons vat een projek op ’n slag. Ons kyk wat die persoon se behoeftes is en waar daar ’n leemte is en dan help ons waar ons kan.

• Hoe het jy op die naam besluit?

Die boodskap wat ons daar buite wil kry het dadelik vir ons lig op die naam gewerp.

• Wie staan jou by met die projek?

Die ander twee ongelooflike lede van die organisasie, Kayla Borman en Shevaun Nell, Nadia Scrooby en my familie. Ons kry ook ongelooflike ondersteuning van die gemeenskap.

• Dink jy dat sosiale media ’n goeie ding of ’n euwel is?

Dit is beide ’n goeie en ’n slegte ding. Mens moet versigtig wees, maar ongelukkig is tegnologie die toekoms.

• Hoeveel tyd spandeer jy op jou selfoon?

Omrede my ma hierdie gaan lees, gaan ek nie kan jok nie, ek spandeer redelik baie tyd op my foon.

• Wat doen jy om te ontspan?

Ek geniet ’n rustige dag saam my familie onmenslik baie.

• Wat maak jou kwaad?

Mense wat oordeel, ander seer maak en wat nie vir ander iets gun nie.

• Wat laat jou glimlag?

Om ander gelukkig te sien en te weet ek het ’n verskil gemaak.

• Sou jy eendag die land permanent verlaat indien jy die geleentheid kry?

Al wat ek gaan sê is blom waar jy geplant is.

• In watter skool en graad is jy en het jy al besluit watter beroep jy eendag wil volg?

Ek is in Hoërskool Stoffberg en is volgende jaar in graad 10. My passie en belangstelling lei my in ’n sielkundige rigting.

• Waarsonder kan jy nie klaarkom nie?

My mede-mense en my Bybel. Sonder God is ons niks.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter 

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button