CompetitionsEditor's choiceLifestyle

Wen kaartjies om Bobby van Jaarsveld in Brakpan te sien

Aanhangers van dié hartebreker kan uitsien na ‘n  heerlike aand waartydens hy van sy ou en nuutste treffers sal sing.

Die gewilde Afrikaanse sanger, Bobby van Jaarsveld is Vrydagaand (7 Desember) in Brakpan, waar hy by Rosetulee gaan optree.

Die goeie nuus is dat twee lesers van die Herald elk ‘n dubbel kaartjie kan wen en dus die vertoning gratis kan bywoon.

Lees ook: Jong kunstenaars stel hul kuns ten toon

Al wat jy moet doen is om ‘n e-pos na brakpanherald@caxton.co.za te stuur en in een sin te sê waarom jy graag die kaartjies wil wen.

Die sluitingsdatum is Donderdag (6 Desember) om 9vm en die wenners sal telefonies gekontak word.

Meld jou adres en telefoonnommer in die e-pos en gebruik die woorde “Bobby kaartjies” in die onderwerpkassie.

Kyk ook uit vir inligting hoe jy volgende week kaartjies kan wen om vir Bobby se suster, Karlien van Jaarsveld by Rosetulee te kan sien. Sy tree op 14 Desember daar op.

Follow us:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button