EntertainmentLifestyle

Video: Dit is wat die naweek se Pannefees bied

Die beste plek om dié naweek te wees is by die Pannefees wat vandag (Vrydag) afskop en môre met baie woema voortgaan.

Soos vorige jare gaan ’n hele rits kunstenaars, oor die loop van die twee dae, sorg vir musiek uit die boonste rakke.

Vanaand word in die vorm van ’n kafee- en kuieraand, met Johnnie Takbok en orkes, aangebied.

Saterdag gaan kunstenaars soos Dewald Wasserfall, Arno Jordaan, Ricky Faber, Chané Valentine, Sharoney, Arno van der Hoff, Vincent Gordon en RNK deur die loop van die dag optree.

Lees ook: Dis weer tyd vir die Pannefees

Besoekers sal tussen ’n groot aantal stalletjies rondsnuffel en kindervermaak en veilige parkering is in plek.

Daar is ook mini hokkie, rofstoei en pom-pom dansers om na uit te sien.

’n Biertuin sal ook besoek kan word.

Die fees word op Laerskool Die Arend se sportgronde aangebied.

Sanger Danie van der Westhuizen gesels hier oor wat op besoekers wag.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit: Springs Advertiser, African Reporter , Boksburg Advertiser, Benoni City Times and Kathorus Mail.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button