CompetitionsEditor's choiceLifestyle

As jou foto ons laat lag kan jy ‘n R1000 se kruideniersware wen

Die Herald soek jou skreeusnaakse foto wat almal weer sal laat lag vir 'n slag.

Het jy ‘n skreeusnaakse foto, wat iemand anders sal laat skater van die lag?

Daardie foto kan vir jou kruideniersware ter waarde van R1000 in die sak bring.

Die lewe druk maar deesdae van al die kante af. Brandstof is duur, skoolgeld is baie, tyd vir ontspan is min en almal moet hul randjies maar twee keer omdraai.

Juis daarom het die Herald besluit dat dit tyd is om weer te lag vir ‘n slag.

Ons is op soek na ‘n foto wat almal lekker sal laat lag.

So gaan delf tussen jou ou foto’s rond of bekyk al die foto’s op jou selfoon en stuur  vir ons ‘n foto.

Die persoon wat vir ons die foto instuur wat ons die breedste laat glimlag sal die prys, wat deur Sherwood Pick ‘n Pay geborg word, wen.

Onthou hoe snaakser jou foto, hoe beter is jou kans om te wen!

En as jy nie ‘n snaakse foto het nie kan jy kreatief raak en een neem.

Lees ook: So lyk die wenner van ons Moedersdag fotokompetisie

Hou die volgende ingedagte

  • Name en vanne van al die persone in die foto moet verskaf word.
  • Gee ‘n kort beskrywing van die foto, soos waar en wanneer dit geneem is en wat die omstandighede was.
  • Daar is geen beperking op hoe lank gelede die foto geneem is nie.
  • Persone in die foto moet kennis dra van die feit dat die foto ingeskryf is vir die kompetisie aangesien die wenfoto en moontlik ook van die ander foto’s in die koerant en aanlyn gepubliseer gaan word.
  • Die sluitingsdatum vir die kompetisie is Vrydag 31 Augustus.
  • Foto’s wat digitaal gemanipuleer is sal nie in ag geneem word nie.
  • Foto’s moet van goeie kwaliteit en ten minste 1MB wees.
  • Die persoon wat die foto instuur moet sy of haar naam en kontaknommer verskaf.
  • Foto’s kan per e-pos gestuur word na brakpanherald@caxton.co.za meld die woord foto kompetisie in die onderwerpkassie.

• Foto’s met die nodige inligting kan ook by ons kantoor te Van der Waltstraat 61, Dalview  ingehandig word.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button