Opskud, tyd raak min vir Moedersdag foto’s

Daar is nog net ‘n paar dae oor om in te skryf vir die Herald se Moedersdag fotokompetisie.

Moedersdag word vanjaar op Sondag, 13 Mei gevier en met die oog daarop bied die Herald  weer ‘n fotokompetisie aan.

Die wenfoto sal in die Herald gepubliseer word en boonop sal die wenner ‘n heerlike bederf van  Ces’t la Vie Day Spa in Dalpark wen.

Die wenner kan haarself reg maak vir ‘n paar uur se salige pamperlang.

Die prys sluit in ‘n gesig-, hande- en voetbehandeling asook ‘n vol lyf massering in. ‘n Lekker Cappuccino en koek sal ook bedien word.

Dit is maklik om in te skryf, maar onthou dat ons op die uitkyk is vir ‘n foto wat die spesiale band tussen ‘n ma en haar kind/kinders uitbeeld.

Dit kan ‘n prettige foto wees of iets meer ernstig.

Lees ook: Fotowenners het hul prys terdeë geniet

Foto’s moet nie ouer as vier maande wees nie en foto’s wat digitaal gemanipuleer is, sal glad nie in ag geneem word nie.

Slegs inwoners van die dorp kan inskryf.

Dit is belangrik om die volgende inligting saam met die foto te verstrek:

Name, vanne en ouderdomme van al die mense op die foto; waar die foto geneem is asook ‘n kort beskrywing daarvan.

Dit is ook noodsaaklik om ‘n telefoonnommer te verskaf.

Foto’s kan slegs op twee maniere ingestuur word. Dit kan in j-peg formaat per e-pos na brakpanherald@caxton.co.za gestuur word. Foto’s wat kleiner as 1MB is sal glad nie in ag geneem word nie.

Gedrukte foto’s kan ingehandig word by ons kantoor te Van der Waltstraat 61, Dalview.

Die sluitingsdatum is Maandag 7 Mei, om 3nm.

Volg ons: 

Instagram
Twitter
Facebook

Exit mobile version