Neem vir ons ’n Paasfees foto

Paasfees is om die draai en lesers van die Herald word uitgenooi om vir ons mooi foto’s met ’n Paasfees tema in te stuur.

Die mees indrukwekkende foto wat ons ontvang sal in die uitgawe van 30 Maart gepubliseer word.

Dit is belangrik om in gedagte te hou dat die foto’s ’n Paasfees tema moet hê. Verder kan lesers maar hul verbeelding gebruik en vir ons interessante foto’s stuur.

Die volgende is ook van toepassing:

• Foto’s moet in jpeg-formaat gestuur word en minstens 1MB wees.

• Foto’s wat digitaal gemanipuleer is sal nie in ag geneem word nie.

• Dit is belangrik dat daar ten minste een persoon in die foto is, maar daar kan meer wees. Die name, vanne en ouderdomme van almal in die foto moet verskaf word.

• Gee ’n kort beskrywing van die foto, soos waar dit geneem is.

• Foto’s wat langer as twee maande gelede geneem is sal nie kwalifiseer nie.

• Die persoon wat die foto inskryf se naam, van en telefoonnommer moet ook gemeld word.

• Foto’s kan per e-pos gestuur word na brakpanherald@caxton.co.za

• Meld die woord Paasfees-fotokompetisie in die onderwerpkassie.

• Foto’s kan ook by ons kantoor te Van der Waltstraat 61, Dalview ingehandig word.

• Die sluitingsdatum vir die fotokompetisie is 26 Maart, om 9vm.

Lees ook: Kyk na foto’s vir ons Valentynsdag kompetisie

Volg ons: 

Instagram
Twitter
Facebook

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version