Die Brakkies Musiekfees is om die draai

Die hoofkunstenaars wat gaan optree is Franja Du Plessis en DZL en ander kunstenaars soos die jong Kosie Beukes, Danie van der Westhuizen, Slamma D, Savannah's Groove en Robert Gerber sal ook deur die loop van die dag te sien wees.

Inwoners van die dorp kan solank hulle vere regskud vir die Brakkies Musiekfees, wat op 7 Oktober op die sportgronde van Laerskool Die Arend gehou word.

“Ons doelwit was om ‘n bekostigbare musiekfees vir hoofsaaklik ons dorp, Brakpan, sowel as ons na-burige dorpe te kan aanbied,” het Martin Ferguson, organiseerder van die fees gesê.

“Die geleentheid help ook vir Brakpan mense om stalletjies te huur en ‘n inkomste te kan verdien.”

“Ons het tot dusver sowat 43 stalletjies wat verskeie produkte gaan bemark en voedsel voorsien,” het Ferguson bygevoeg.

Volgens hom sal daar ‘n speelarea wees waar kinders kan besig bly en dit sluit onder andere springkastele, ‘n treintjie, “go-carts” en ‘n meganiese bul in.

Die hoofkunstenaars wat gaan optree is Franja Du Plessis en DZL en ander kunstenaars soos die jong Kosie Beukes, Danie van der Westhuizen, Slamma D, Savannah’s Groove en Robert Gerber sal ook deur die loop van die dag te sien wees.

Die fees skop om 10vm af en kaartjies sal by die hek te koop wees.

“Ons hoop dat die dorp se inwoners ons sal ondersteun want ons gaan alles in ons vermoë doen om die dag so aangenaam moontlik vir die hele gesin te maak,” het Ferguson gesê.

Persone wat meer inligting benodig kan vir Ferguson by 082 655 3764 kontak.

Exit mobile version