Editor's choiceEntertainmentLifestyle

Dis Pannefees naweek

Die organiseerders beloof ’n propvol program met bekende kunstenaars soos Bouwer Bosch, Theuns Jordaan, Die Heuwels Fantasties, Juan Boucher en Touch of Class, wat deur die loop van die naweek gaan optree.

Die Pannefees is hier en die hekke open vanmiddag (Vrydag) om 2nm waarna die aktiwiteite tot Sondag (27 Augustus) sal voortgaan.

Kunstenaars wat Sondag, in ‘n rustige atmosfeer, gaan optree is  Benice Bornman, Bouwer Bosch en Esti van Rooyen.

Op  Vrydag en Saterdag kan die publiek uitsien daarna om kunstenaars soos Theuns Jordaan, Touch of Class, Juan Boucher, Die Heuwels Fantasties, Ryan Walt en nog vele meer te sien.

Die Boere orkeste wat Saterdag gaan optree is die Ditsem Orkes, die Craft Orkes, die Vasvat Orkes, Die Oosrand Kêrels, die Wakkertrap Orkes asook Paul Roodt.

Feesgangers kan lekker ontspan in die tee- en biertuin en talle kos- en vlooimarkstalletjies kan ook besoek word.

‘n Toegangsfooi van R50 per persoon is Vrydag en Saterdag van toepassing maar Sondag is die toegang gratis.

Die fees word op die sportgronde van Laerskool Die Arend gehou.

Kyk hier na die program (vanaf die Facebook-blad: Pannefees 2017 – Amptelike Blad):

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button