EntertainmentLifestyle

NG Kerk Brakpan-Oos hou nagmark

Die NG-kerk, Brakpan-Oos hou volgende Vrydag (1 September) 'n nagmark by die kerk.

Die mark begin om 3nm maar vanaf 2nm word gratis gesondheidassessering deur gekwalifiseerde mediese personeel aangebied.

Die publiek kan ondermeer hul bloeddruk en suiker laat toets.

‘n Groot verskeidenheid kos, soos hamburgers, worsrolletjies, kerrie en rys, poedings, koeke en pannekoek sal vanaf 3nm te koop wees.

Vermaak vir die kinders word aangebied en verder kan besoekers ‘n verskeidenheid stalletjies besoek.

Vir die avontuurlustiges sal daar uit’n stalling van opgeboude motors op die eiland, oorkant die kerk, wees.

Die publiek is welkom om vooraf bestellings vir kos te plaas en dit dan te gaan oplaai. Vir dié doel kan Alta Rudolp by 083 396 7591 geskakel word.

Die kerk is geleë op die hoek van Lapping- en Boundaryweg.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button