CompetitionsEditor's noteLifestyle

Jou vis-foto kan jou R1 000 in die sak bring

Selfs daardie piepklein vissie, waaroor ander jou gespot het, sal ook in ag geneem word.

Hou jy daarvan om vis te vang en is jy gewoonlik gelukkig genoeg om een aan die hoek te kry?

Hopelik het jy ‘n foto van so ‘n geleentheid geneem, want daardie foto kan vir jou R1 000 in die sak bring.

Die Herald gaan ‘n R1 000 skenk aan die persoon wat vir ons die indrukwekkendste foto stuur van ‘n varswater vis, wat met ‘n visstok gevang is.

Die wenfoto sal nie noodwendig die swaarste of grootste vis wees wat gevang is nie.

Ons is bloot op soek na ‘n indrukwekkende, buitengewone of selfs prettige foto van ‘n hengelaar met sy of haar vangs.

Selfs daardie piepklein vissie, waaroor ander jou gespot het, sal ook in ag geneem word.

Wanneer jy die vis gevang het is nie belangrik nie, maar ons wil wel weet waar jy die vis gevang het, watter tipe vis dit is en indien jy die gewig daarvan het, moet jy dit meld.

Die naam en van asook die ouderdom van die persoon of persone, wat in die foto verskyn, moet gemeld word. Indien dié persoon nie self die vis gevang het nie is dit ook belangrik om te meld wie die vis gevang het.

Moet ook nie vergeet om ‘n kontaktelefoonnommer te verskaf nie.

Fotos moet per e-pos gestuur word na brakpanherald@caxton.co.za

Die sluitingsdatum vir die kompetisie is 30 Januarie.

Die R1 000 koopbewys word deur VC Super Spar in Dalview geborg en die wenner sal daar kan inkopies doen.

Lees ook: 

Ses-jarige se eerste vis is ‘n mooie

Vrou (62) trek groot karp uit by Brakpan Dam

Nog ‘n bielie van ‘n karp in die Brakpan Dam gevang

Nuuswenke is altyd welkom 

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button