Vermy teleurstelling en kry jou Krone kaartjies nou

Altesaam 15 kunstenaars sal ’n hele rits skitterende keurspelle met plaaslike en internasionale ranglysgunstelinge uitvoer.

Die Krone is slaggereed vir die derde aflewering van Suid-Afrika se gunsteling, moewiese saamsing jol.

Krone 3 sal Carnival City op Saterdag, 13 Augustus, en Sondag, 14 Augustus, op horings neem met treffer na treffer.

Altesaam 15 kunstenaars, Nicholis Louw, Kurt Darren, Ray Dylan, Snotkop, Juanita du Plessis, Adam Tas, Brendan Peyper, Andriëtte, Elizma Theron, Ricus Nel, Liezel Pieters, Manie Jackson, Refentse, Jacques Tereblance en 4 Werke, sal ’n hele rits skitterende keurspelle met plaaslike en internasionale ranglysgunstelinge uitvoer.

Net soos met die stampvol vertonings van die verlede, sal die gehoor in karaoke-styl, met lirieke op die grootskerm, na hartelus kan saamsing vir so lank as wat asem en stembande hou.

Exit mobile version