EntertainmentLifestyle

‘n Huldeblyk aan Koos du Plessis

‘Doep is nie dood nie’ is ’n eenman-aanbieding, deur Jannie du Toit, met teks- en musiekgrepe oor die lewensbeskouing en werk van Koos du Plessis.

Die verhoogproduksie sal plaasvind by Carnival City se Mardi Grasteater vanaf 29 April tot 1 Mei.

Koos is tragies 32 jaar terug oorlede, maar sy nalatenskap bly ’n bron van wysheid en onsterflike musiek.

Drie dekades later word dit in hierdie verhoogproduksie duidelik hoe lewend en relevant sy siening van die lewe steeds bly.

Carl Theunissen, voormalige joernalis en ’n jarelange vriend en kollega van Koos Doep, is die samesteller en regisseur.

Verwerkings deur Clinton Zerf, en Jannie du Toit met Susan Mouton op tjello en Coenraad Rall op klavier vorm die ensemble.

Du Toit, ’n groot vriend van Du Plessis, sit hiermee sy werk voort om Koos se musiek by ’n volgende geslag te laat voortleef.

Vertoontye is 8nm op 29 en 30 April en 5nm op 1 Mei.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button