Hope vermaak vir die jongspan

Twee nuwe Liewe Heksie stories het nou die lig gesien.

Die jongspan kan nader skuif, want Liewe Heksie en haar kaboutermaats besoek die Live Arts Little Theatre, op die hoek van Dr Vosloo- en Trichardtsweg, Boksburg, op Saterdag, 5 Maart, om 9vm.

Voor pouse word Liewe Heksie en Botterblom opgevoer. Botterblom is Blommeland se koei wat vir die hele Blommeland melk verskaf.  Maar Botterblom is kwaad.  Karring, Blommeland se melkkabouter, laat niemand by Botterblom toe nie en Botterblom raak baie eensaam.  Dan begin die poppe (of is dit nou koeie?) dans.

Na pouse is dit dan Liewe Heksie en die Tuindwergie, waar ons Casper die tuindwerg ontmoet toe hy een oggend in Heksie se tuin wakker word.  Maar wie kruip daar agter ‘n boom weg?  Is dit die nare gifappeltjies?

Vier talentolle akteurs gee aan die Liewe Heksie-karakters lewe op die verhoog:  

Anmari van Achterbergh speel die rol van Liewe Heksie.

Botha Enslin die rolle van Mattewis, Kwaaitjie Kabouter, die Geelheks, Borrie die Gifappeltjie, Griet, Karel Kat, Botterblom en Koning Rosekrans. 

Marissa Claassen is te siene as Blommie, Kerrie die Gifappeltjie en Koning Rosekrans.

Phillru van Achterbergh vertolk onder andere Casper, die Tuindwergie, Borrie die Gifappeltjie, Karring en Klein Kwaaitjie.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version