EntertainmentLifestyle

My Boetie se Boetie se Boetie se Baba is terug

My Boetie se Boetie se Boetie se Baba word weer by Carnival City opgevoer vanaf 27 tot 30 Augustus.

Die produksie is tydens sy vorige speelvlak uitverkoop en het die gehoor behoorlik laat skater.

In My Boetie se Boetie se Boetie se Baba word daar kennis gemaak met Tom Koekemoer (Cobus Venter).

Hy en sy vrou Linda (Cindy Swanepoel), is opgewonde oor die vooruitsig om ’n baba aan te neem.

Al wat nog moet gebeur is ’n besoek deur die maatskaplike werker (Marga van Rooy), ’n paar vrae moet beantwoord word en die baba is hulle s’n.

Maar dinge werk nie so uit nie. Nie eers naastenby nie.

Terwyl Tom ’n gerespekteerde middelklas bestaan voer, kan dieselfde nie van sy broers Dick (Botha Enslin) en Harry (Francois van Rensburg) gesê word nie.

Dis nie dat die broers nie na aan mekaar is nie, maar om te sê dat die driemanskap twee-derdes disfunksioneel is, is voor die handliggend.

Dick het pas teruggekeer van Zimbabwe met gesmokkelde sigarette en brandewyn, en Harry probeer ’n kadawer in Tom se tuin begrawe.

Om sake te vererger, maak twee onwettige immigrante (Ana van Achterbergh en Dirk Vermeulen) hulle verskyning.

Die preutse maatskaplike werker daag op, ’n knaende polisiekonstabel (Duncan Johnson) kry snuf in die neus en die skobbejak Boris (Phillru van Achterbergh) kom kry sy betaling.

Wat volg is een groot deurmekaar spul wat sorg vir heerlike kykgenot.

Die vertonings vind Donderdag en Vrydag, 27-28 Augustus, om 8nm en Sondag, 30 Augustus, om 3nm plaas.

Dit word in die Mardi Grasteater by Carnival City aangebied. Kaartjies is beskikbaar by Computicket.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button