EntertainmentLifestyle

Bobby tref die Oos-Rand

Die Afrikaanse musikant en filmster Bobby van Jaarsveld gaan op 25 Junie by The Barnyard Theatre, Emperors Palace, optree.

 

Bobby se talent het nie ongesiens verbygegaan nie en in 2006 is hy drie keer as Beste Nuweling in die 2006 Huisgenoot/Tempo toekennings genomineer.

Vanaf 2007 tot 2011 het Bobby elke jaar by die Huisgenoot Skouspel opgetree en in 2006 het Theuns Jordaan Produksies vir hom ‘n platekontrak aangebied.

In Mei 2008 het Bobby met sy eie orkes begin optree.

Sy unieke en energieke optredes is landswyd deur die gehore geniet.

Bobby het in 2009 die hoofrol in ‘n Afrikaanse musiekrolprent, Liefling, losgeslaan en harde werk en baie talent het hom in sy loopbaan baie sukses gebring.

Sy nuutste album, “Wat Geld Nie Kan Koop”, is reeds vrygestel en het rekord verkope behaal.

Dit staan al amper op dubbel platinum.

Die een-aand opvoering begin om 8nm in The Barnyard Theatre en daar is ‘n ingangsfooi.

Lees ook:

Get ready for SA’s first super group

Kenny Rogers concert winner enjoys the event

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button