Editor's noteEntertainmentLifestyle

Ondersteun Huis Talita

'n Fondsinsamelings- en pretdag word môre (Saterdag) by Huis Talita gehou.

Die kinderhuis, onder die vlerk van die AGS Kerk, Brakpan-Wes is ‘n veilige hawe vir kinders en is geleë te 122 Witpoortjieweg, Rand Colleries. (Op die gronde van die kerk).

Fondse wat ingesamel word sal aangewend word vir onder andere, skryfbehoeftes, skoolklere, skooltasse, nuwe beddegoed asook ‘n rekenaar en drukker.

Daar sal verskeie stalletjies wees en een van die hoogtepunte is die optrede deur die bekende sangers Benice Borman en Danie van der Westhuizen.

Die publiek word uitgenooi om die dag te gaan geniet en word versoek om ‘n nie-bederfbare kos item saam te neem.

Lees meer oor Benice:

Benice Borman is genomineer vir Vrou van die Jaar

Lees ook: 

Support Hospice

Wen een van twee matriekafskeidrokke

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button