Editor's note

Wen een van twee matriekafskeidrokke

Elke meisie droom van kleins af van haar matriekafskeid en natuurlik is dit die rok, wat op dié aand gedra word, waarop die kollig die meeste val.

Goeie nuus is dat twee matriekleerders van die dorp ‘n matriekafskeidrok van hul keuse kan wen, in ‘n kompetisie wat deur Dazzling Angel Dresses aangebied word.

Die onderneming, wat deftige rokke vir enige geleentheid verkoop, gee as eerste prys ‘n lang aandrok, en as tweede prys ‘n “cocktail”-rok weg. Die rokke word die eiendom van die wenners.

Die eerste prys wenner sal uit ongeveer 50 rokke haar gunsteling rok kan kies en die tweede prys wenner sal ‘n keuse van ongeveer 30 rokke hê. Dit sluit verskillende groottes, style en kleure in.

Dit is ook baie maklik om in te skryf.

* Stuur ‘n e-pos na brakpanherald@caxton.co.za en verduidelik in minder as 50 woorde waarom jy graag een van die rokke wil wen. Sluit ook ‘n foto van jouself by die e-pos in.

* Meld die woord, matriekafskeid kompetisie in die onderwerpboks wanneer jy die e-pos stuur.

* Twee wenners sal uit die inskrywings gekies word en telefonies gekontak word. Dit is dus baie belangrik om ‘n kontaktelefoonnommer by die e-pos in te sluit.

* Die eerste prys wenner sal ‘n keuse van ongeveer 50 rokke hê.

* Die tweede prys wenner (van die “cocktail-rok”) sal ‘n keuse uit ongeveer 30 rokke hê.

* Geen alternatiewe rokke sal beskikbaar gestel word nie.

* Leerders wat inskryf moet bewys kan lewer dat hulle ‘n matrikulant van een van die dorp se hoërskole is.

* Die wenners sal Dazzling Angel Dresses te  Ankerweg, Dalpark op afspraak moet besoek om hul rokke te kies.

* Die sluitingsdatum vir die kompetisie is Maandag 1 Junie en die wenners sal kort daarna bekend gemaak word.

 

Related Articles

Back to top button