Hoop dat wagte by begraafplase sal werk

Anel Kok skryf per e-pos: Met verwysing na die berig in die Herald van 20 Februarie (Ekurhuleni improves security at cemeteries).

Ek is baie dankbaar dat daar nou sekuriteit by die begraafplase gaan wees en ek kan maar net hoop dat dit nie net weer iets is wat vir ‘n rukkie gaan hou nie.

Beide my ouers se grafte is in die verlede erg verniel deur gewetenlose mense. Dit is ook onmoontlik om nuwe kranse, of blomme in potte op die grafte te plaas, want dit word elke keer gesteel.

Dit is vir my baie hartseer dat die munisipaliteit sover moet gaan om wagte aan te stel. ‘n Begraafplaas is tog ‘n plek waarvoor ‘n mens respek moet toon.

Dit gaan my verstand te bowe dat enige persoon by ‘n begraafplaas kan ingaan en breek en steel.

Ek kan maar net hoop dat die wagte hulle werk sal doen.

Related Articles

Back to top button