Editor's note

Stoffberger behaal agt onderskeidings

Die groot gewag vir die matrieks van 2014 is verby!

Die matriekuitslae is gisteraand deur die minister van basiese onderwys,  Angie Motshekga bekend gemaak en vanoggend  kon die 2014-matrikulante hul uitslae by hul onderskeie skole gaan afhaal.

Die Hoërskool Stoffberg het vanjaar vir die sesde agtereenvolgende jaar ‘n 100 persent slaagsyfer behaal.

Die top presteerder by dié skool is Wiehan Rudolph wat ‘n allermintige agt onderskeidings behaal het.

Dié skrander leerder wat, BSc (Chemie) aan die Universiteit van Pretoria gaan studeer, het onderskeidings in Afrikaans, Engels, wiskunde, lewensoriëntering, fisiese wetenskappe, rekeningkunde, inligtings tegnologie en Wiskunde 3 (Alfa Wiskunde)  behaal.

Coenraad Basson en Ruco van Niekerk het elk ses onderskeidings behaal en Dané Jacobsohn spog met vyf.

Juandré du Toit, Nikita du Vos en Bianca Struweg kan elk vier onderskeidings agter hulle name skryf.

Vyf leerders het elk drie onderskeidings behaal terwyl agt matrikulante twee onderskeidings gekry het.

‘n Verdere 13 het elk een onderskeiding behaal.

Die hoof van die skool, Koos Boshoff het die uitblinkers Dinsdagoggend by die skool ingewag en geluk gewens.

 

Die Hoërskool Stoffberg se drie ander top presteerders is (van links), Dané Jacobsohn (vyf onderskeidings) asook Ruco van Niekerk en Coenraad Basson wat elk ses onderskeidings behaal het.
Die Hoërskool Stoffberg se drie ander top presteerders is (van links), Dané Jacobsohn (vyf onderskeidings) asook Ruco van Niekerk en Coenraad Basson wat elk ses onderskeidings behaal het.

 Meer foto’s

 

Related Articles

Back to top button