Editor's choice

Mej Wêreld kies Brakpan baba om vas te hou

‘n Egpaar van die dorp was op 20 Desember oorstelp van vreugde toe die nuutverkose Mej Wêreld, Rolene Strauss hul baba uit ‘n skare van honderde gekies het om vas te hou.

Dié ongvergeetlike gebeurtenis het plaasgevind toe die Suid-Afrikaner, wat die Mej Wêreld kroon vroeg in Desember verower het, na Suid-Afrika teruggekeer het.

Sy is deur honderde ondersteuners en aanghangers op die OR  Tambo Internasionale Lughawe ingewag.

Cefas van den Berg (30), wat op die lughawe werk, se vrou Zanie (24) en hul enigste kind Amy (nege maande) was ook onder die mense wat gehoop het om die skoonheid van nader te kon sien. Die gesin woon in Brakpan-sentraal.

“Ons het  vorentoe beweeg aangesien Rolene besig was om handtekeninge uit te deel en ons het gehoop om darem ook haar handtekening te kry,” het Cefas gesê.

Groot was die ouers se verbasing en blydskap toe Rolene vir klein Amy uit haar ma se arms geneem het en haar vasgehou het.

Persfotograwe het die geleentheid behoorlik aangegryp en foto’s van Rolene, met haar Mej  Wêreld kroon op haar kop en met  Amy in haar arms,  het op die voorblaaie van die Rapport en die Sunday Independent gepronk.

“Rolene het eers aan haar bestuurder gevra of sy die kind mag neem en toe het sy vir ons geglimlag en klein Amy gevat,” het Cefas vertel.

“Dit was vir ons ‘n baie groot oomblik en iets wat ons vir altyd sal onthou,” het hy bygevoeg.

Die van den Bergs het ook vinnig na hul selfone gegryp om die spesiale oomblik vir ewig vas te vang.

“Toe Rolene Amy vir ons terug gee het ek vir haar `baie dankie’ gesê.  Sy het geglimlag en gesê dat dit vir haar ‘n plesier en voorreg was,” het Cefas trots vertel.

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button