Editor's choice

Sommige motoriste is padvarke

Inwoner van Brenthurst skryf: Dit is vir my so frustrerend dat mense nie hul padreëls ken nie.

En ek dink nie ek is die enigste inwoner was so voel nie!

Ek is woonagtig in Brenthurst en die verkeerslig waar Prince Georgelaan en Thomasstraat kruis (naby die NG Kerk) is ‘n gevaar vir die mense.
Daar was al talle ongelukke by daardie verkeerslig.
Die mense weet glad hoe om daardie verkeerslig te gebruik nie!

My dogter is ‘n leerlingbestuurder en ek leer haar die regte manier maar by hierdie verkeerslig is dit ‘n nagmerrie. Ons ry nou maar reguit, net om die verkeer van voor te vermy as jy wil regs draai.
As jy van die Die Anker Skool se kant die robot nader, is jy veronderstel, as jy wil regs draai na die petrolstasie se kant, om oor te ry tot in die middelman en te wag vir die verkeer en dan te draai.

Maar nie by die kruising nie. Motoriste draai dadelik voor jou in jy kan nie reguit ry tot in die middelman nie. Jy hoop en bid net dat die motor agter jou nie dalk wil reguit ry nie.

My dogter vermy hierdie robot aangesien die laaste keer, wat sy daar wou draai, die motor van voor haar aan die linkerkant voor haar ingedraai het en die motor agter hom aan haar regterkant verby gery het en wou ook draai regs. Albei die bestuurders was vroue wat haar gevloek het. Intussen was my kind die een wat die padreël reg gebruik het.

Dit is hartseer dat ons mense soos padvarke geword het, dat hulle nie meer die reëls nakom nie en dat leerlingbestuurders so las vir hulle is.

Jy moet onthou jy moes ook een of ander tyd leer bestuur het.
Dalk moet jy wat die verkeerslig nie reg gebruik nie, weer vir ‘n slag terug gaan na die handleiding en leer hoe om ‘n verkeerslig te gebruik as jy regs wil draai!

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Thelma Koorts

Thelma Koorts is an editor with a passion for delivering high-quality editorial services that meet the evolving needs of readers and clients. She currently serves as the editor for the Brakpan Herald, Springs Advertiser, African Reporter, and Heidelberg Nigel Heraut. With over 30 years of experience in journalism, her goal is to keep readers informed and updated through informative news from the community to the community.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button