Editor's noteEntertainmentLifestyle

Juanita du Plessis deel van Country vertoning by Carnival City

Die langverwagte terugkeer van Lefra Produksies se Country Legendes en Vriende, na Carnival City se Big Top Arena, is bevestig vir Saterdag, 4 Oktober.

Die byeenkoms van die legendes van Suid-Afrikaanse country musiek en ’n nuwe generasie van country sangers beloof om ‘n uitmuntende country vertonings te wees!

Voortbouend op die sukses van die vorige Country Legendes en Vriende, sal legendes soos Lance James, Barbara Ray, Clive Bruce, Sally Vaughn, Tommy Dell en Jody Wayne optree saam met hulle vriende, die superster Juanita du Plessis, Jason Bradley, Chantell Williams en die Rodeo Girls.

Frans Swart, vervaardiger van Country Legendes en Vriende 2014, sê dat hy altyd vermoed het dat country musiek steeds baie populêr is in Suid-Afrika.

“Om die legendes te kombineer met die nuwe stemme in die bedryf was eenvoudig die logiese volgende stap nadat die eerste twee Country Legends konserte heeltemal uitverkoop het,” het hy vertel.

“Dit is waarom ons besluit het om met ’n nuwe konsert terug te keer na Carnival City.”

Die joligheid skop teen 8nm af.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button