Kinders word speel-speel geleer

Kinderbeskermingsweek, wat onlangs plaasgevind het, was vir die Ondersteuingsraad van Brakpan ‘n baie opwindende ervaring. Dié organisasie het, in samewerking met die Department van Maatskaplike Ontwikkeling van Springs, verskeie skole in Brakpan, Springs, Benoni en Thembisa besoek en ‘n besondere program vir die kinders aangebied. Twaalf skole is gedurende die tydperk besoek en ten minste …

Kinderbeskermingsweek, wat onlangs plaasgevind het, was vir die Ondersteuingsraad van Brakpan ‘n baie opwindende ervaring.

Dié organisasie het, in samewerking met die Department van Maatskaplike Ontwikkeling van Springs, verskeie skole in Brakpan, Springs, Benoni en Thembisa besoek en ‘n besondere program vir die kinders aangebied.

Twaalf skole is gedurende die tydperk besoek en ten minste 2500 kinders het daarby baat gevind.

Die personeel van die Ondersteuingsraad het ‘n gedaante verwisseling ondergaan en soos muise by die skole opgedaag.

Die tema van die week was “Wees ‘n dapper muis” en die program het gehandel oor persoonlike veiligheid.

“Ons het vir die kinders geleer dat wanneer hulle nie veilig is of voel nie kan hulle soos ‘n dapper muis braaf wees,” het Karien Keeve, maatskaplike werker van die Ondersteuningsraad gesê.

“Dit is noodsaaklik dat kinders weet dat hulle mag nee sê en dat hulle moet praat wanneer hulle mie veilig voel nie,” het Keeve bygevoeg.

Die opvoerings van die vrolike klomp muise is terdeë deur die kinders van die skole geniet en is deur die onderwysers verwelkom.

“Ons wil graag vir elke skool, al ons vrywilligers en helpers asook besighede en organisasies, wat betrokke geraak het, hartlik dankie sê,” het Keeve gesê.

 

 

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button