Dr Esterhuyse Woensdag ter ruste gelê

Die begrafnis van dr Danie Esterhuyse vind Woensdag (12 Februarie) om 11vm vanuit die NG Gemeente Brakpan-Wes plaas.

Die begrafnis van dr Danie Esterhuyse vind Woensdag (12 Februarie) om 11vm vanuit die NG Gemeente Brakpan-Wes plaas.

Hy is verlede Vrydagoggend oorlede nadat hy die vorige dag vermoedelik ‘n hartaanval gehad het.

Daniël Christiaan Esterhuyse (Danie), 59 is op 5 September 1954 in Pretoria gebore.

Hy het in 1972 aan die aan  die Hoërskool Parys gematrikuleer en in 1979 behaal hy die graad MBChB aan die Universiteit van Pretoria.

Dr Danie het in 1983 in Brakpan begin praktiseer waar hy deur die jare ‘n groot vriendekring opgebou en diep spore in die dorp getrap het.

Hy was bekend vir sy liefde vir sy werk maar het ook  ‘n sagte plek vir die bosveld en diere gehad.

Hy was ook ‘n lojale gesinsman en familie mens.

As geneesheer was hy veral geliefd onder die kinders en dit is nie net sy familie en vriende wat geraak is deur sy afsterwe nie maar die hele gemeenskap.

Dr Danie  word oorleef deur sy vrou, Marita, kinders Waldi, Henno en Isel, skoondogter Yolandi en kleinseun Marnus.

Related Articles

One Comment

Back to top button