EntertainmentLifestyle

Geniet die Kersfees Skouspel

Elke jaar, so 'n paar dae voor Kersfees, bied Lefra Produksies sy jaarlikse Kersfees Skouspel in Carnival City se Big Top Arena aan.

Dié is elke jaar ‘n aangename skouspel van talent, en natuurlik word die wonderlike boodskap van Kersfees in woord, sang en musiek aangebied.

Vanjaar vind die Kersfees Skouspel op Saterdag, 14 Desember, om 8nm plaas. Jaconell Mouton is die musikale regisseur en Frans Swart is die regisseur.

Die skouspel spog vanjaar met die room van Suid-Afrika se sangtalent, onder andere Alwyn Oberholster, Arina de Witt, Henrico Coetzer, Heuning, Jannie Moolman, Jay du Plessis, Kobus Muller, Liza Brönner en Rina Hugo.

Die Kersfees Skouspel spog natuurlik elke jaar ook met ‘n lewendige orkes.

“Ons het die eerste Kersfees Skouspel in 2006 aangebied en dit is vir ons elke jaar ‘n hoogtepunt op die kalender,” het die vervaardiger, Frans Swart, gesê.

Skakel vir Monica Booysen by (011) 815-3000 vir besprekings.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button