Local sportSport

Fikse ses-jarige geniet dit om te draf

Die jongeling hardloop graag saam met sy ouers, Morné (38) en Juan-Mari (34), en is in sy noppies wanneer hy seëvierend voor talle volwassenes klaar maak. 

Luandré van Rooyen (6), ’n graad een leerder aan Laerskool Brakpan-Oos, het verlede Saterdag sy 10de parkrun in Brakpan voltooi, waar hy die vyf kilometer vir die soveelste keer sommer binne ’n oogwenk kaf gedraf het.

Die van Rooyen-gesin het verlede jaar met die parkrun begin en het tot dusvêr nog nie een gemis nie.

Luandré hardloop gewoonlik dat die stof so staan en het al die wenstreep binne 45.05 minute gehaal. Hy is egter vasbeslote om om sy tyd elke keer te verbeter.

Lees ook: Lesersfoto van die week

Alhoewel die groot-oog seun nie enige ander sport doen nie, is hy super fiks en warm hy solank op vir die landloop seisoen.

“Daar is geen keer aan Luandré wanneer hy eers spoed gevang het nie, al is hy bietjie huiwerig in die begin,” sê Juan-Mari.

“Ek het in die begin gedink dit sal hom moeg maak, maar as ons eers halfpad is, kry hy skielik ’n tweede asem.”

Die gesin geniet die parkrun terdeë en is nie van plan om binnekort op te hou nie.

Die Brakpan Parkrun vind elke Saterdagoggend om 8vm plaas by die Brakpan Sport Sentrum op die hoek van Elliotweg en Escombelaan.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button