Editor's noteLocal sportSport

Brakpan boksers kry raad by top boksers

Die Brakpan Boksklub het verlede Saterdag aan ’n toernooi, wat in KwaThema gehou is, deelgeneem.

Minkie Labuschagne het haar eerste vuurdoop in die boksring gehad en het ook haar eerste boksmedalje ingepalm.

Damon Kruger het ook goed gevaar en het ’n tweede plek verower.

Hul spanmaats vir die dag, die drie Van Schalkwyk broers, Brian, Rikus en Jayden, het hul voorbeeld gevolg en na harde gevegte het al drie die broers hul gevegte gewen.

Keanu Williams, wat in die ‘School Boys Championship’ afdeling deelgeneem het, het ’n silwer medalje verdien. Dit was Williams se eerste deelname aan ’n kampioenskap.

Daar was ook groot opgewondenheid toe die klub onlangs besoek ontvang het van twee professionele boksers, Barend van Rooyen en Deejay Kriel. Dié twee boksers het die klub besoek om die klublede te motiveer en advies te gee.

Lees ook: WATCH: Youngsters show boxing finesse in the ring

Die afrigters van die Brakpan Boksklub het dié besoek verwelkom.

Die klub staan onder die bekwame leiding van Steve Labuschagne en Fanie Griffin wat die hoofafrigters is

En hulle word bygestaan deur Wimpie Labuschagne, Steven Labuschagne, Eben Kruger, Steven Smith en Clive Prolluis.

Belangstellendes is welkom om by die klub aan te sluit of tydens ’n oefensessie op te daag.

Oefentye is Maandae, Dinsdae en Donderdae vanaf 6nm tot 8nm te NG-kerk Brakpan-oos saal op die hoek van Boundary en Lappingstrate, Brenthurst.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button