Local sportSport

Jong veerpyltjiespelers is in die kol

Twee junior spelers van die Ekurhuleni East Veerpyltjieklub is onlangs gekies om Gauteng by die Suid-Afrikaanse Nasionale kompetisie te gaan verteenwoordig.

“Morné Grové (15) en Katelyn Coetzee (14) het eers gedurende Oktober verlede jaar by die klub aangesluit en hierdie is ’n besondere prestasie vir hierdie twee briljante spelers,” het Hermien Peens, toernooi-direkteur van die klub gesê.

“Hulle het verseker ’n blink toekoms in hierdie sport. Hul, toewyding, gereelde oefening en groot liefde vir sport is noemenswaardig,” het Peens bygevoeg.

Morné is ook gekies as die kaptein van die Gauteng junior span.

Lees ook: Hoërskool Die Anker maak geskiedenis

“Albei sy ouers, Basil en Cindy Grové speel ook sosiaal en die ondersteuning wat hulle hom gee is uitsonderlik.”

Katelyn se ouers, Jacques en Janice Coetzee is ook kranige veerpyltjiespelers en beide van hulle is ook gekies vir die Ekurhuleni East mans- en damesspanne wat ook aan die nasionale kompetisie gaan deelneem.

“Hierdie is nog ’n bewys dat veerpyltjies ’n familie sport is wat deur almal geniet kan word,” het Peens gesê.

Die kompetisie vind gedurende Julie plaas.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button