Local sportSport

Veerpyltjiespelers kry erkenning

Die Ekurhuleni Oos Meesters Veerpyltjie Assosiasie het Saterdag sy jaarlikse prysuitdeling by die Kingsway Klub gehou.

Die president van die klub, Hermien Peens het tydens die geleentheid gesê dat die assosiasie ’n baie suksesvolle jaar agter die rug het.

Sy het ook hulde aan drie spelers Dawid Korff, Hennie Colyn en Paul Meyer, wat gedurende die jaar oorlede is, gebring.

Die top toekennings was soos volg:

Lenie Siemens (vrouespeler van die jaar), Danie Binneman en Thys Ferreira-Netto (mansspelers van die jaar), Jos Louwrens (sportman van die jaar), Selma Mienie (sportvrou van die jaar).

Nick Goosen en Lenie Siemens (gemengde dubbels), Die Amakrokke span bestaande uit Nick Goosen, Hermien Peens, Danie du Toit, Tilla Kruger en Jan de Lange (spanwedstrydwenners), Nick Goosen en Dawid Korff (mans dubbelspelwenners), Danie Binneman (mans enkelspelwenner), Lenie Siemens en Hemien Peens (vroue dubbelspelwenners), Hermien Peens (vroue enkelspelwenner).

 

Lees ook: Veerpyltjieklub reik uit na die gemeenskap

Veerpyltjies is ‘n sport vir almal

Veerpyltjiespelers word gesoek

 

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button