Editor's choiceLocal sportSport

Valke beplan groot rugbydag

Die byeenkoms bied aan alle oud-Springbokke, provinsiale spelers en bestuurslede vanaf 1947 tot hede die geleentheid om weer saam te kuier en staaltjies uit die verlede te deel.

Die Valke Rugbyunie, voorheen bekend as Oos-Transvaal, vier vanjaar sy 70ste bestaansjaar en as deel van die feesvieringe word verskeie funksies en geleenthede aangebied.

Die volgende geleentheid vind volgende Saterdag (20 Mei) by die Bosmanstadion plaas, waar onder meer stigtersklubs teen mekaar sal deelneem en ‘n provinsiale wedstryd tussen die Valke en Pumas gespeel sal word.

Die byeenkoms bied aan alle oud-Springbokke, provinsiale spelers en bestuurslede vanaf 1947 tot hede die geleentheid om weer saam te kuier en staaltjies uit die verlede te deel.

Wedstryde begin reeds om 11vm en sal so teen 9nm afgehandel wees.

Organiseerders het die hoop uitgespreek om soveel moontlik van die oud-Bokke, -spelers, -beamptes en -skeidsregters van die provinsie en klubs daar te kry.

‘n Spesiale poging word aangewend om alle spelers met meer as 100 wedstryde en alle oud-kapteins op die dag teenwoordig te hê.

Die vier stigtersklubs, Benoni, Springs, Brakpan en Nigel, sal onder meer die dag daar speel, asook Oos-Rand Polisie en Vanderbijlpark.

Daar sal genoegsame voorsiening vir eetgoed en lafenis vir die dorstiges gemaak word.

Gewone klubtoegangsfooie sal van krag wees, naamlik R10 vir volwassenes, R10 ‘n motor (veilige parkering) en laerskoolkinders is gratis.

Vir verdere inligting, skakel Harry Nieuwenhuis by 079 648 1040 of Gesie van der Merwe by 084 798 6158 te skakel.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button