School sportSport

Ankers skop die atletiekseisoen goed af

Die Anker se atlete het baie goed presteer en het 50 goue medaljes, 47 silwer medaljes en 43 brons medaljes ingepalm.

Hoërskool Die Anker het onlangs aan die eerste atletiekbyeenkoms vir die jaar, te Benoni High School, deelgeneem.

Springs Boys High en Springs Girls High het ook aan die byeenkoms deelgeneem.

Die byeenkoms is gedurig, deur die loop van die aand, deur reën onderbreek en sommige items kon as gevolg daarvan nie plaasvind nie.

Die Anker se atlete het nieteenstaande baie goed presteer en het 50 goue medaljes, 47 silwer medaljes en 43 brons medaljes ingepalm.

Die Anker atlete wat tydens die byeenkoms uitgeblink het is:

• Jaylene Cloete, (junior meisies) behaal 943 ABSA punte vir die 3000m meisies o-15.

• Rhyno Viljoen (junior seuns) behaal 708 ABSA punte vir hoogspring seuns o-15.

• Ruzaan Maré (senior meisies) behaal 767 ABSA punte vir gewigstoot meisies o-16.

• Jeandré van Vuuren (senior seuns) behaal 800 ABSA punte vir 200m seuns o-19.

Tydens ‘n tweede byeenkoms waartydens Die Anker saam met South Downs College deelgeneem het aan ‘n massa atletiekbyeenkoms, te Hoërskool Birchleigh, in Kempton Park, het dit ook voor die wind gegaan.

Die Anker het die eerste plek behaal, met Birchleigh in die tweede plek en South Downs College derde.

Die Anker se atlete het 59 goue medaljes, 61 silwer medaljes en 40 brons medaljes ingeoes tydens dié byeenkoms.

Ankers wat bo 750 punte verwerf het op die ABSA tabel is:

• Jaylene Cloete (o-14): 886 ABSA punte vir 1500m dogters in ‘n tyd van 4:59.84s asook 770 ABSA punte vir 800m in ‘n tyd van 2:32.56s.

• Tjaart Scheepers (o-15): 885 ABSA punte vir gewigstoot met ‘n afstand van 15.02m.

• Ruzaan Maré (o-16): 811 ABSA punte vir gewigstoot dogters met ‘n afstand van 11.63m.

• Renaldo Pienaar (o-16): 811 ABSA punte vir hoogspring met ‘n hoogte van 1.75m.

• Morne Olsen (o-14): 802 ABSA punte vir verspring met ‘n afstand van 5m.

• Llewelyn Hanekom (o-15): 780 ABSA punte vir hoofspring met ‘n hoogte van 1.50m.

• Lasche Diedericks (o-14): 761 ABSA punte vir hoogspring met ‘n hoogte van 1.35m.

• Marlandi Smit (o-17): 752 ABSA punte vir gewigstoot met ‘n afstand van 11.27m.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button