School sportSport

Dalview se sewesspanne laat waai

Met uitstekende sewesrugby het die span oorwinnings in die poel rondtes behaal oor Elspark, Louis Leipoldt, Garsfontein en Die Poort.

Die o-11 en o-12 sewes rugbyspanne van die Laerkool Dalview het vanjaar hul man op die veld gestaan en in twee groot toernooie uitgeblink.

Beide die spanne het beïndruk tydens ’n sewes toernooi wat onlangs deur die Laerskool Dalview aangebied is en waaraan 12 skole deelgeneem het.

Die o-11 span het hulself uitstekend van hul taak gekwyt en ’n algehele derde plek behaal.

In die poel rondtes het die span oorwinnings behaal teen Elspark, Jeugpark, Magalieskruin en Oosterkruin.

In die semi-finaal teen Midstream College het die wedstryd met 7-7 gelykop geëindig na ekstra tyd.

Midstream het daarna deurgegaan na die finaal, op grond van eerste punte aangeteken.

Op dieselfde dag het die o-12 span koning gekraai en as wenners van die toernooi weggestap.

Met uitstekende sewesrugby het die span oorwinnings in die poel rondtes behaal oor Elspark, Louis Leipoldt, Garsfontein en Die Poort.

In die semi-finaal het die span afgereken met Midstream College en in die beker-finaal het die span vir Magalieskruin met 19-17 geklop om met die louere weg te stap.

Die twee spanne het voortgebou op hul prestasies toe beide die spanne onlangs aan ’n Jaru Sewes Toernooi in Rustenburg deelgeneem het.

’n Totaal van 32 spanne het vir dié toernooi ingeskryf.

Dalview se o-11 span het weer naam gemaak en algeheel eerste op die punteleer (uit 16 spanne) geëindig.

Die span het in die poel rondtes oorwinnings behaal oor Vastrap (40-0), Protea Park (26-5), Garsfontein (35-0) en Stephanus Roos (26-12).

Hulle het egter in die semi-finaal vasgeval teen die Titans gekombineerde span om derde in die toernooi te eindig.

Met die o-12 span het dit ook weer voor die wind gegaan en hulle het tweede op die algehele punteleer (uit 16 spanne) geëindig.

In die poel rondtes speel hulle aanskoulike rugby en behaal oorwinnings oor Vastrap (32-5), Burgersdorp (35-0) en Wild Dogs (29-5).

In die semi-finaal lewer hulle uithaler spel en wen teen Kruinsig met 26-10.

In die finaal, teen die Jaru Akademie se gekombineerde span, kon hulle net nie daarin slaag om die wedstryd in hul guns te beklink nie.

Die o-11 sewesspan van die Laerskool Dalview is hier saam met agter (van links) Fanie Kotze  (afrigter), Sakkie Loots (waarnemende hoof) en Francois Benade (afrigter).
Die o-11 sewesspan van die Laerskool Dalview is hier saam met agter (van links) Fanie Kotze (afrigter), Sakkie Loots (waarnemende hoof) en Francois Benade (afrigter).

Lees ook: Laerskool Dalview trots op rugbyspelers

Dalwers kraai koning by sewestoernooi

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)

Related Articles

Back to top button