Beroep op junior rugbyspelers

Die Brakpan Junior Rugbyklub wil graag alle seuns wat belangstel om klubrugby te speel uitnooi om by die klub aan te sluit.

Alle spelers van o-6 tot o-19 is welkom.

Dit is nou net twee weke vanaf die eerste wedstryd van die junior rugbyseisoen en Brakpan sal wedstryde teen die ander klubs in die Valkestreek speel.

Die oefeninge is alreeds aan die gang en vind elke Maandag- en Woensdagaand, vanaf 6nm tot 8nm, te die Bosman Stadion plaas.

Die klub het verlede jaar 17 Valkespelers opgelewer, wat met groot welslae aan die Interprovinsiale Toernooi (IPT) deelgeneem het, en wil van hierdie jaar ‘n nog meer suksesvolle een maak.

Al die afrigters by die klub is gekwalifiseerd en is baie passievol oor die sport en die ontwikkeling van jong talent op die dorp.

Enigiemand wat belangstel om af te rig kan ook die klub kontak.

Vir meer inligting, kontak vir Riaan de Klerk (voorsitter) by 084 462 5546, Sarel Korf (ondervoorsitter) by 082 317 4951, of Hanelie Aukamp (klub kaptein) by 082 274 9576.

Exit mobile version