Local sportSport

Bobbies vier ‘n dekade

Nuwe seisoen, nuwe kommitee vir Bobbies.

Die Bobbies Junior Rugbyklub vier hierdie jaar hul 10de bestaansjaar.

Die klub is gedurende 2005 gestig.

Die Bobbies is tans gesetel by Laerskool Môrewag, in Brakpan, en jong rugbyspelers van reg oor die Ekurhuleni gebied af neem deel by die klub.

Die klub se nuwe kommitee is onlangs verkies.

Volgens die voorsitter, Blackie Swart, sal die klub nog steeds fokus op die ontwikkeling van jong rugbyspelers.

Hy is van mening dat hulle ‘n hoër vlak van afrigting bied en is trots daarop dat jong rugbyspelers se talente meer ontwikkel en afgerond is na ‘n seisoen of twee by hulle.

By Bobbies kry almal ‘n kans om te speel en niemand sit ‘n seisoen lank langs die kantlyn nie.

Hulle beplan ‘n groot seisoen en skop af met die Bobbies Fees op Junie 28.

Dit sal gehou word op die Springs Lughawe gronde (Silver Wings) en die program sluit die volgende in: potjie kos, karaoke en koek kompetisies met pryse te wen.

Die volgende kunstenaars sal optree gedurende die dag: Henri Alant, Charlene Olivier, Dewalt Steyn en Jaun Diederick.

Almal, oud en jonk is welkom om die dag saam met Bobbies te kom geniet.

‘n Meganiese bul en springkastele word beloof.

Verskeie stalletjies met heerlike kosse sal ook beskikbaar wees.

Vir enige inligting oor die klub kan die volgende persone gekontak word: Blackie Swart op 078 875 1812 (hoofsitter), Estelle Steyn op 084 536 9800 (sekretaris) en Christo Schutte op 078 869 3777 (hoof afrigter).

Related Articles

Back to top button