Hoogste eer vir Anker leerders

Tydens Hoërskool Die Anker se onlangse wintersport prysuitdeling het vyf leerders die hoogste toekennings moontlik ontvang.

Dié toekennings word onmiddelik bo erekleure verwerf en staan bekend as Ankermunte.

Gerrie Labuschagne het in Januarie vir die o-18 Springbok 7’s-span gespeel en die span het tydens die “Youth Olympics”, in Sydney, Australië, ‘n goue medalje gewen.

Gerrie het sodoende Die Anker se eerste Springbok rugbyspeler geword. Hy het ook ‘n drie jaar kontrak met die Cheetahs geteken.

Cameron Rooi het vanjaar die Valke in die 50ste Coca Cola Cravenweek verteenwoordig. Cameron speel vanjaar in sy vierde jaar vir die Valke.

Hy het in 2010 en 2011 Grant Khomo gespeel, in 2012 in dieValke Akademie, en in 2013 in die Cravenweek.

Cameron het ook in 2011, 2012 en 2013 vir die Valke se 7’s-span gespeel, en het ook ‘n kontrak by die Leeus geteken.

Sheldon Harding het in vyf jaar, van o-14 tot eerstespan,nog nooit ‘n rugby wedstryd gemis nie Hy het ook al die wedstryde in dieselfde posisie begin, naamlik loskopstut. Sheldon het van o-14 tot o-16 in 52 wedstryde gespeel en, as eerstespan speler, het hy 35 keer vir Die Anker se eerstespan uitgedraf.

Hy het ‘n total van 87 wedstryde vir sy skool in dieselfde posisie gespeel.

Banele Jafta het vanjaar vir die Valke in die Grant Khomospan verteenwoordig. Hy het in al drie wedstryde gespeel en ook in elke wedstryd ‘n drie gedruk.

Nicole Fourie het vanjaar Die Anker se eeste Gauteng netbaldogter geword.

Sy het in die o-14 Gautengspan gespeel, wat tydens hulle toernooi ‘n goue medalje gewen het. Sy is ook deel van Die Anker se o-14-span, wat die liga gewen het.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version