Local sportSport

Brakpan Duiweklub uitslae – week 4

Mark Viljoen het die afgelope naweek die jong duiwe- asook die ope-wedvlug van die Brakpan Duiweklub gewen.

Hy het ook n tweede plek in die ope wedvlug behaal.

Die vierde kompetisie van die klub het Saterdag weer vanaf Bloemfontein plaasgevind.
Mark het het om 13.49.32 eerste voël geklok, met n spoed van 14.08.352mpm. Tweede was Cyril Jasper, wat om 13.46.50 geklok het, met n spoed van 14.03.246, en derde was Thinus Janse van Rensburg, wat om 13.56.23 geklok het, met n spoed van 13.98.969.
In die ope wedvlug was Mark eerste en tweede. Hy het onderskeidelik om 14.23.06 en 14.23.16 geklok, met n spoed van 14.69.551 en 14.68.620.

Cyril Jasper, wat derde was, het om 14.20.18 geklok, met n spoed van 14.64.479.

Related Articles

Back to top button