Editor's noteLettersOpinion

Goeie daad word waardeer

Die meerderheid van die inwoners is bejaardes en kan nie almal tuindienste bekostig nie.

Tweedy Park inwoner skryf per e-pos:

Graag wil ek deur middel van die Brakpan Herald vir raadslid Brendon Pretorius en elke vrywilliger bedank vir hulle harde werk en tyd wat hulle opgeoffer het om Saterdagoggend die onooglike en gevaarlike gras en onkruid om die onbewoonde huise in die kompleks te sny en te verwyder. So ook vir die gras op die sypaadjie om die kompleks.

Dit lyk sommer weer baie beter.

Ons is ook baie bly en dankbaar vir die berig wat in die Brakpan Herald van 22 Januarie verskyn het, sodat mense kon sien hoe die kompleks gelyk het (Bejaardes voel afgeskeep).

Die meerderheid van die inwoners is bejaardes en kan nie almal tuindienste bekostig nie. Almal het ook nie grassnyers en soms ook nie die krag om self die gras te sny nie.

Ons wil ook met trots kan vertel waar ons woon en waar ons, ons laaste lewensjare deurbring.

Lees: Brakpanners rol moue op en help bejaardes

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button