Editor's noteLettersOpinion

Die verval van die dorp is ongelooflik

Om deur die duikweg te ry is skrikwekkend.

L Kruger skryf per e-pos:

Met verwysing na die brief oor hoe mense self die parke en sypaadjies se gras sny (Inwoners moet saamwerk en hul kant bring).

Ek bly in Dalview en al die inwoners hou die parkie se gras netjies voor hul eie huise.

Maar die metro moet verantwoordelik gehou word vir die algehele verval van ons binnehuise sportsentrum se gronde.

Ons wil graag oefen en ons veiligheid word bedreig met die gras wat die plek toegegroei het.

Mens kan skaars by die deure ingaan.

Die mense wat karate klasse bywoon, oefen in gras wat heuphoogte is.

Tog wil ek die personeel wat die binnekant netjies en skoon hou bedank.

Hulle doen hulle beste en ons is hulle innig dankbaar.

Ek woon al 63 jaar in Brakpan en dit is ongelooflik hoe die dorp verval.

Om deur die duikweg te ry is skrikwekkend.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button