Editor's noteLettersOpinion

Kry die Metro dan nie skaam nie?

Die toestand van die Brakpan Begraafplaas is skokkend.

Ina de Jager skryf per e-pos:

Dis is met groot hartseer en afgryse dat ek hierdie e-pos moet stuur.

Die toestand van die Brakpan Begraafplaas is skokkend en dit lyk vir my die metro doen glad niks omtrent die gemors nie.

Kry hulle nie skaam dat ons wat ons familie se grafte kan besoek tussen al die lang gras moet loop self die grafte moet skoon en netjies hou?

Ek sal baie graag ‘n antwoord van hulle wil hê en ek glo daar is baie ander mense wat dieselfde wil weet.

Sies man.

Redakteur se nota: Die Herald het ander klagtes oor die begraafplaas ook ontvang en kommentaar oor die situasie van die Stad van Ekurhuleni versoek.

Die volgende kommentaar is ontvang:

Die sny van die gras by die begraafplaas sal op 22 Januarie deur die kontrakteurs voltooi wees.

Lees: Diewe plunder en steel by begraafplaas

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button