Editor's noteLettersOpinion

Onregverdig dat skole later open

Hoe verwag die regering dat 'n graad een kind in ‘n halwe jaar moet leer lees en skryf?

Paula skryf per e-pos:

Ek dink dit is baie onregverdig teenoor my kind dat die skole nou eers op die15de Februarie gaan open.

Want hoe verwag die regering dat ‘n graad een kind in ‘n halwe jaar moet leer lees en skryf?

Want dit is basies wat gebeur as jy al die dae optel wat hulle “mag” skool toe gaan!

Maar jy moet ‘n volle jaar se skoolgelde betaal. Hoe werk dit?

Dit is mos “daylight robbery” en as die kinders nie ingestop gaan word soos ‘n wors nie wat dan?

Gaan hulle maar net deurgesit word na graad twee, al is hulle nie op standaard nie? Ek wil hê my kind moet die beste kan wees net soos al die ander ouers daar buite.

En moet my nie verkeerd verstaan nie, ek wil ook nie hê my kind of iemand anders se kind moet siek word nie maar in die selfde asem wil ek ook nie hê my kind moet ‘n agterstand kry as gevolg van die regering se “reëls” nie.

En dan praat die minister van “home schooling”.

Wie gaan vir my data gee om dit te kan doen? Die department van onderwys? Ek dink nie so nie!

En dan moet ek nog steeds iemand anders betaal vir ‘n lokaal waar my kind kan sit en leer, wat nog ‘n som geld kos.

Ons almal kry nie ‘n “government”- salaris nie en kan nie al die goed bekostig nie.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button