Editor's noteLettersOpinion

Soektog na grafte tussen die lang gras

Hierdie is munisipale grond en die munisipaliteit is verantwoordelik om die begraafplaas in stand te hou, nie die publiek nie.

Mark Boucher skryf per e-pos:

Ek en my vrou het onlangs haar ouma se graf by die Brakpan Begraafplaas gaan besoek, soos wat ons elke jaar op Nuwejaarsdag doen.

Min wetend wat op ons sou wag toe ons daar stop om die graf te gaan soék.

Die klem lê spesifiek op soek, want ons moes letterlik na die graf tussen die lang gras soek.

Die gras is baie lank, om nie eers te praat van die bome wat tussen die grafstene groei nie.

Daar was ook ‘n ander gesin daar tydens ons besoek, wat eers na ‘n halfuur lank se soektog hul geliefde se graf ontdek het.

Ek weet hierdie hartseer bestaan landswyd, maar daarom voel ek dat die seeroog blootgestel moet word sodat ons kan wys watter slegte instandhouding en aandag die munisipaliteit aan die bergplaas gee.

En wat vir my altyd snaaks is, is dat korrupsie die hoof oorsaak is waarom plekke soos dié vergeet word en agteruit gaan.

Grafte verdwyn in die lang gras. Foto: Mark Boucher.

Hierdie is munisipale grond en die munisipaliteit is verantwoordelik om die begraafplaas in stand te hou, nie die publiek nie.

Maar sodra die publiek moet ingryp en iets doen, dan moet ons altyd die gevolge dra en verantwoordelikheid neem.

Ek kan dink aan nog baie dinge om te sê, maar sal eerder net die nodige oordra.

Hierdie raak baie mense, en ek dink soos baie mense wat al moeg is en moed verloor het om klagtes soos dié aan te spreek.

(Brief verkort).

`Redakteur se nota: Die Herald het die Stad van Ekurhuleni gevra vir kommentaar oor die aangeleentheid. Sodra dit onvang word sal dit gepubliseer word.

Lees: Waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button