LettersOpinion

Vuurwerke: Genoeg is genoeg

Dit is elke liewe jaar dieselfde storie.

Ek weet ek mors eintlik my tyd om hierdie brief te skryf want die persone wat ek wil aanspreek kan duidelik nie lees of verstaan nie.

Nog minder het hulle geen of min begrip vir die nagevolge van hulle sinnelose dade nie.

Dit is ook nie die eerste keer dat ek die mure wil uitklim oor die onderwerp nie.

En net soos ek die mure wil uitklim, so het my drie honde probeer om op Oukersaand en op Oujaarsdag die mure uit te klim.

Die rede: Wat anders as die onwettige en onophoudelike afvuur van vuurwerke?

Ten spyte van die feit dat ek vooraf medikasie vir my diere gekry het, het my gesin op die twee aande (asook ander aande tussendeur) geen rus gehad nie.

Ek is nie ‘n persoon wat ander van hul pret en plesier wil ontneem nie, maar dit is onwettig om vuurwerke af te vuur.

Wanneer gaan mense dit begin verstaan en wanneer gaan daar daadwerklik teen die skuldiges opgetree word?

Dit is elke liewe jaar dieselfde storie.

Ons gesin gaan hou net nie meer in Desember vakansie nie as gevolg van mense wat bloot net nie omgee nie.

Dit is ook nie net my diere wat daaronder lei nie.

Ek weet van baie ander mense wat dieselfde voel en dan praat ek nie eens van die arme voëls wat ook daardeur geraak word nie.

Genoeg is regtig genoeg.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button