Editor's choiceLettersOpinion

Daar is net te veel swaarkry en armoede

Die regering is besig om die land se mense lelik in die steek te laat.

Ken van sukkel skryf per e-pos:

Met verwysing na die berigte in die Herald oor die man wat op die graf gebly het (Hawelose skep tuiste op graf asook Man wat op graf bly word in hospitaal opgeneem).

Ek ken die persoon of sy familie nie en ek het simpatie met die familie wie se graf hy oorgeneem het, want dit is nie reg nie.

Tog kan ek nie help om baie jammer vir die man te voel nie. Hoe skrikwekkend moet dit wees om alleen in ’n begraafplaas bo op ’n graf te slaap.

Ek verstaan dat die man sielkundige hulp nodig het, ek hoop maar net hy gaan dit kry.

Die regering is besig om die land se mense lelik in die steek te laat. Daar is net te veel swaarkry en armoede wat deel geword het van ons daaglikse bestaan.

Ek bid elke aand vir daardie man.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

 
 
 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button