Editor's choiceLettersOpinion

Geen hoop om in huis in Anzac te verkoop nie

"Ek probeer al vir baie lank om my huis te verkoop weens die besoedeling in die lug, maar ek weet ek gaan dit nie sommer regkry nie."

Adriaan Vosloo skryf per e-pos:

In verlede week se Herald is daar twee berigte wat my bekommerd maak, maar eintlik nie verbaas nie.

Plastic City shacks gutted by fire (bladsy 3) en Another hole on Main Reef Road gives local councillor that sinking feeling.
Die twee situasies stap mos hand aan hand.

As inwoner van Anzac pleit ons al vir jare om die inwoners van Plastic City te skuif. Ek sê nie hulle huise moet vernietig word of platgestoot word nie. Kry vir die mense ’n geskikte plek en help hulle om hulself op ’n ander plek te laat bly.

Ek het gehoor hoe skreeu die mense toe daardie brand ontstaan het. Party het alles verloor en daarmee het ek simpatie, maar as hulle bly op ’n plek waar daar paaie en orde is, sal dit nie gebeur nie.

Gepraat van paaie. Ons het almal gesien hoe lank dit geneem het om die gat op die N12 reg te maak. Brakpan gaan volgende wees.

Main Reefweg is nou al so uitgehol dat dit net ’n kwessie van tyd is voordat ons ook met ’n Kimberly se gat in die pad gaan sit.

Die verantwoordelike departemente moet eerder voorkomend optree, daarmee sluit ek ook wetstoepassers in wat moet voorkom dat mense onwettig myn.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button