Editor's noteLettersOpinion

Vriendelike vrou kom tot bejaarde se redding

"Die wêreld kort meer sulke mense."

Anita Pretorius skryf per e-pos:

My bejaarde pa (88), ’n wewenaar, doen nog self sy inkopies en hy gaan gewoonlik na Sherwood Pick n Pay.

Verlede week het hy gegaan en vergeet om sy masker saam te neem.

Die sekuriteit by die deur wou hom nie toelaat nie (daarmee het ek geen probleem nie, want hulle doen net hulle werk).

Hy was in in die proses om in sy motor te klim om huis toe te gaan vir sy masker toe ’n vrou hom genader het.

Sy het gehoor wat gebeur het en na haar motor gegaan om vir my pa ’n masker te gee.

Die masker was nog in die verpakking en sy het aan my pa verduidelik dat dit nuut was.

Hy het my vertel van die vriendelike vrou wat hom baie moeite gespaar het. Ek wil graag vir haar dankie sê en ek hoop sy lees hierdie brief.

Die wêreld kort meer sulke mense.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button